Printer-Friendly PDF Version
US Legal (8.5 x 14)
.pdf
Download Adobe Acrobat Reader

Het God Vir Jou Gesterf?


V. Hierdie is 'n buitegewone vraag. Waarom sou dit vir God nodig wees om vir my te sterf?

A. Die rede hiervoor is omdat die Bybel ons vertel dat as gevolg van die mens se sonde, alle mense aan die dood onderworpe is – die tweede dood van ewige vernietiging:

En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.

Génesis 2:16,17

Want die loon van die sonde is die dood,…       

Romeine 6:23

in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie. Hulle sal as straf ondergaan 'n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte,

2 Thessalonicense 1:8,9

En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.

Openbaring 20:14

Daarby sou alle mense sterf vir hulle sonde as dit nie vir God gewees het wat 'n plan van verlossing bewerk het waarin Hy bepaal het om sekeres (nie almal nie) uit die menslike geslag te red, deur hulle sondes op Homself te neem en in hulle plek te sterf. Hy word dus hulle plaasvervanger. Ongelooflik verklaar die Evangelie van die Bybel dat God die sondes van sekere opstandige sondaars geneem het en die straf betaal het (van voor die grondlegging van die wêreld) gelykstaande aan elkeen van hulle wat vir ewig vergaan:

…dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.

Jesaja 53:8

En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.

Openbaring 13:8

God (in die persoon van Jesus Christus) het die verskriklike skande en straf vir sonde ervaar vir sekere uitverkore individuë wat uitverkies is deur God tot verlossing. As 'n resultaat van Christus se plaasvervangerswerk, sal hierdie uitverkore mense nooit vir ewig vernietig hoef te word nie. Christus se versoeningsdood het volledig die eise van die Wet van God bevredig:

Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.

Jesaja 53:11

Wanneer die sondeskuld ten volle betaal is, is daar nie langer enige moontlikheid dat die mense van God aan die Wet van God sal moet verantwoording doen vir hulle sondes nie. Hulle is vrygemaak van die straf van die Wet:

Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Romeine 8:1

V. Wel, Ek dink dis 'n ongelooflike idee om te dink dat God vir sekere mense “sterf”; maar voor dit, moet ek erken dat ek nie eens weet of Hy bestaan nie. Hoe kan enige een werklik weet of Hy bestaan?

A. Sommige mense maak wel aanspraak daarop dat daar geen God is nie; of, dat hulle nie seker is of Hy bestaan nie. Nogtans is die bestaan van God nie afhanklik van wat die mens dink nie. Die Bybel verklaar dit as onteenseglike feit dat God absoluut werklik is:

In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

Génesis 1:1

Die wêreld rondom ons getuig aanhoudend dat daar 'n Skepper was (en is) wat alle dinge gemaak het en onderhou. Die natuur verkondig luidkeels aan een en elkeen van ons aan dat daar 'n Meester ontwerper agter alles is:

Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande. Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan: daar is geen spraak en daar is geen woorde nie—onhoorbaar is hulle stem.

Psalm 19:2-4

Jy sien, diep in ons binneste weet elke mens daar is 'n God; en hulle weet ook dat hulle in die moeilikheid is met dié God:

Omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;

Romeine 1:19,20

V. Ek moet met jou saamstem dat soos ek mooi blomme en wonderlike diere gesien het, ek ook van tyd tot tyd gedink het dat 'n god al hierdie dinge moes gemaak het; maar gereeld is ek verward oor die vraag, “Watter god?” Baie godsdienste maak aanspraak dat hulle god eg is. Watter god is die regte een?

A. Jy vra 'n uitstekende vraag. Die wêreld is vol van godsdienste en hulle besondere gode, en baie van hulle idees oor die natuur van God is in stryd met mekaar. Maar die Bybel leer ons dat ons met sekerheid die Een en enigste ware God kan ken:

Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;

Jesaja 45:5,6

Versamel julle en kom, kom almal nader, julle wat uit die nasies ontvlug het! Hulle weet niks, wat die hout van hul gesnede beeld dra en 'n god aanbid wat nie kan verlos nie… En buiten My is daar geen ander God nie: 'n regverdige en reddende God is daar buiten My nie. Wend julle tot My en laat julle red, alle eindes van die aarde! Want Ek is God, en daar is geen ander nie.

Jesaja 45:20-22

Die Bybel verklaar dat Jesus Christus die enigste moontlike verlosser is:

…deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner,… En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Handelinge 4:10,12

V. Sê jy dat Jesus God is?

A. Ja! Die Bybel leer duidelik dat Jesus die God van die Bybel is, en wie geopenbaar is in die vlees:

In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon…

Johannes 1:1,14

V. Maar word Jesus nie die “Seun van God” genoem nie? En as hy 'n seun is, dan moet daar ook 'n vader wees. Hoe baie gode is daar?

A. Ja, dit is waar dat Jesus die “Seun van God” genoem word. Nogtans verklaar die Bybel onbetwisbaar dat Jesus die ewige God is. Die Bybel leer ook dat die Vader die ewige God is. Die waarheid is dat die Peroon van God te kompleks is vir ons as geringe mense (aangesien ons skepsels met beperkte intelligensie is) om te probeer verstaan:

maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid,…

Hebreërs 1:8

God openbaar Homself as drie Persone, terwyl Hy aandring dat Hy slegs Een God is:

Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;

1 Johannes 5:7

, Israel, die HERE onse God is 'n enige HERE.

Deuteronómium 6:4

V. Jy verwys na en haal die Bybel baie aan vir wat jy sê, maar ek het gehoor dat die Bybel slegs 'n baie ou boek is en geskryf is deur die mens?

A. Dit is waar dat die Bybel 'n antieke boek is, maar dit is absoluut nie die woord van die mens nie. God het profete beweeg om woorde direk van Sy eie mond neer te skryf. Op dié manier het God hierdie mense as skrywers gebruik om sy kommunikasie met die mensdom op te teken:

terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

2 Petrus 1:20,21

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,

2 Timótheüs 3:16

Dus is die hele Bybel die Woord van God. Elke Woord van God is suiwer en heilig en kan ten volle vertrou word. Die Bybel is die uiterste en fnale gesag in alles wat dit verklaar.

V. Om jou die waarheid te vertel, ek verstaan nie regtig nie – aangesien ek nie te slegte van persoon is nie – waarom sou dit nodig wees vir God om vir my te sterf?

A. Die verskriklike werklikheid is dat alle mense in sonde geval het en die Wet van God verbreek het. Jy sien, ten opsigte van God se Wetboek die Bybel, is alle mense verdorwe en sleg:

Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.

Romeine 3:12

Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?

Jeremia 17:9

God is perfek, regverdig, en heilig – Hy vereis absolute gehoorsaamheid aan al Sy gebooie. Versuim om slegs een te gehoorsaam is genoeg om Sy verskriklike toorn op ons te bring:

Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.

Jakobus 2:10

As ons eerlik met onself is, moet ons erken (saam met elke ander persoon) dat ons gesondig het:

As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.

1 Johannes 1:8

want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

Romeine 3:23

…die siel wat sondig, dié moet sterwe.

Eségiël 18:4

Soos ons vroeër gesien het, is die Bybel se beginsel, dat die straf van die sonde die dood is; en die dood wat God in gedagte het is die tweede dood naamlik om vir ewig in die poel van vuur vernietig te word.

V. Dink jy regtig dat God mense in die poel van vuur sal vernietig?

A. Ja. Sonde is uiters aanstootlik vir God. Sonde is so aaklig vir die oneindige heilige God dat Hy diegene wie Sy Wette oortree vir ewig moet vernietig:

En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

Openbaring 20:15

Want kyk, die dag kom, en dit brand soos 'n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, 'n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.

Maleági 4:1

V. Sê jy dat die persoon wat die vonnis van Hel gegee word, vernietig sal word en vir ewig nie meer sal bestaan nie?

A. Hoe verskriklik ookal, moet ons sê dat die antwoord Ja is! Die Bybel leer dat God se proses van oordeel sal insluit die vernietiging van die wêreld en die mensdom saam met dit. Die mens sal heeltemal deur die toorn van die Almagtige God uitgewis word:

Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die HERE soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn.

Psalm 37:20

Maar die dag van die Here sal kom soos 'n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.

2 Petrus 3:10

V. Die manier hoe jy oor God praat is verontrustend. Ek het gedink Christene glo in 'n soort vriendelike en sagte God wat almal liefgehad het. Is God so vreesaanjaend soos jy beskryf?

A. God is liefedvol en barmhartig; maar Hy is ook heilig en regverdig en hou die mens, wie Hy geskape het na Sy beeld, vertantwoordelik vir hulle oortedinge teen Sy Wet. Ware Bybelse gelowiges verlang om ander te waarsku, want God moet inderdaad gevrees word:

Omdat ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig;…

2 Korinthiërs 5:11

'n Jaloerse God en 'n wreker is die HERE, 'n wreker is die HERE, en vol grimmigheid; 'n wreker is die HERE vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande.

Nahum 1:2

Want onse God is 'n verterende vuur.

Hebreërs 12:29

Sou julle vir My nie bevrees wees nie, spreek die HERE, of voor my aangesig nie bewe nie…

Jeremia 5:22

Die gedagte van 'n glimlaggende, leersame Jesus, wat gelukkig is met alle mense, word vandag deur baie kerke voorgehou. Maar dié gedagte is totaal vals. Jesus Christus is toornig oor die sondes van die mens en dit is Hy wat die goddelose sal veroordeel en die finale oordeel van 'n ewige vernietiging sal bewerkstellig:

…en 'n God wat elke dag toornig is.

Psalm 7:12

En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.

Matthéüs 10:28

V. Ek weet dat van wat ek hoor, ek baie graag die straf van die Hel sou wou verhoed. Wat moet ek doen om nie vir ewig verlore te gaan nie?

A. Jy moet verstaan dat die mensdom se toestand nie goed is nie. As gevolg van ons sonde, kan ons nie genoegsaam reageer op die Evangelie se roep om te bekeer en te glo nie. Ons is geestelik dood en daarom onbekwaam om enige werk te doen wat ons verlossing kan bring:

En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes

Efésiërs 2:1

…omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.

Galásiërs 2:16

Inteendeel, wys die Bybel ons dat verlossing heeltemal onmoontlik vir die mens is om te verkry deur sy eie pogings. Slegs God kan 'n sondaar red:

Toe sy dissipels dit hoor, was hulle baie verslae en sê: Wie kan dan gered word? Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.

Matthéüs 19:25,26

V. Sê jy ek gaan vergaan ongeag van wat ek doen. Is daar geen hoop?

A. Ja daar is hoop. Die hoop berus by God. Hy moet al die werk doen om jou te red:

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Johannnes 3:16

Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.

Johannes 1:12,13

V. Ek dink nie ek verstaan baie goed hoe God mense red nie. Wie is hierdie persone wie God begenadig? En hoe kan ek een wees wie hierdié barmhartigheid ontvang?

A. God het Sy verlossingsplan volgens die basis van uitverkiesing bewerkstellig. Hy het hier en een daar een uitverkies, alleenlik volgens Sy eie welbehae. Dit is nie die mens se goeie werke wat hom red nie, maar dit is die volledige werk van die Here Jesus Christus wat hom red:

soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil,

Efésiërs 1:4,5

Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel…

Johannes 15:16

want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep. Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.

Romeine 9:11,13

V. Hoe weet ek of God my uitverkies het om gered te word?

A. Jy mag een van God se uitverkorenes(uitverkore) mense wees of jy mag nie – slegs God weet wie Hy van plan is om te red; daarom moet ons die vraag oor “uitverkiesing” heeltemal aan die soewereine wil van God oorlaat. Tog mag ons Hom nader in gebed. God laat ons toe om Hom nederig te nader (met erkenning van ons sondes en ons toestand van dat ons onder Sy toorn is) sodat ons 'n pleidooi van kwytskelding by hom kan in bring:

En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig!

Lukas 18:13

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Hebreërs 4:16

Sondaars behoort aangemoedig te word deur die Persoon van God. Hy is 'n God van barmhartigheid. Om uit te roep vir barmhartigheid is 'n vooreg wat God ons toestaan. Net soos 'n opstandige, veroordeeld tot die dood, mag ons die heerlike Koning van die Hemel smeek vir kwytskelding van ons sondes (slegs vir Christus se ontwil):

…Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het 'n welbehae in goedertierenheid.

Miga 7:18

En toe hy hoor dat dit Jesus die Nasaréner was, begin hy om uit te roep en te sê: Seun van Dawid, Jesus, wees my barmhartig! En baie het hom bestraf, dat hy moet stilbly; maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig!

Markus 10:47,48

Jesus het die blinde bedelaar se pleidooie vir barmhartigheid gehoor en hom sy fisiese sig gegee. Hierdié laat ons weet dat Christus uiters medelyend en barmhartig teenoor sondaars is.

V. As ek uitroep vir barmhartigheid sal dit my dan van vernietiging red?

A. Ons moet versigtig wees. Daar is geen formule om verlossing te verkry nie. Dit is heeltemal in Sy hande:

Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

Romeine 9:15

V. Ek dink ek sal na God gaan en vra vir barmhartighied. Hoe lank dink jy sal dit wees voor God my antwoord?

A. My vriend, ons kan nie enige tydsbeperking op God plaas nie. God sal 'n indiwidu red (as dit Sy goeie welbehae is om so te doen) in Sy eie tyd en manier:

Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord.

Psalm 130:5

Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp (verlossing) van die HERE.

Klaagliedere 3:26

Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres—so is ons oë op die HERE onse God, totdat Hy ons genadig is.

Psalm 123:2

Ons moet wag op God om die werk van verlossing te doen. Tog terwyl jy wag op die Here om jou te red, wees bewus daarvan dat verlossing 'n dringende saak is. Dit is omdat niemand van ons die dag van ons dood weet nie. Ons dae mag baie min wees. Ook leer baie ware gelowiges nou uit die Bybel dat die tyd uiters min geword het vir die wederkoms van die Here Jesus Christus en die vernietiging van hierdie wêreld.

V. Dink jy die wêreld sal baie gou tot 'n einde kom?

A. Ja! Ons sal die Here se wederkoms sien op 21 Mei, 2011 en die einde van die wêreld self op 21 Oktober 2011:*

Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

1 Thessalonicense 4:16-18

En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef, en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe,…dat daar geen tyd meer sal wees nie;

Openbaring 10:5,6

V. Kan dit regtig wees dat daar so min tyd oor is?

A. Jy is reg dat daar nie baie tyd oor is vir die mens om in hierdie wêreld te leef nie. Maar wees bemoedig dat dit vir God hoegenaamd nie lank neem om 'n sondaar te red nie. Dit sien ons besonders in hoe Jesus reg voor ons oë die dief aan die aan die kruis gered het:

En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.

Lukas 23:42,43

V. Moet ek 'n Christelike kerk vind en begin dienste bywoon terwyl ek wag vir God om my te red?

A. Absoluut nie! God is klaar met die kerke en gemeentes van die wêreld omdat die era van die kerk tot 'n einde gekom het. Ons lewe in die tyd van groot verdrukking wanneer God se oordeel op alle denominasies – of dit Katoliek of Protestant is – alle kerke wêreldwyd is onder die oordeel van God as gevolg van hulle versuim om die Woord van God te gehoorsaam:

Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God…

1 Petrus 4:17

Die feit is dat God alle Christene wêreldwyd beveel om uit die kerke te kom:

Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;

Matthéüs 24:15,16

God red nie meer enige iemand binne die kerke nie. Daarom is die laaste plek waar 'n Christen vandag sou wil wees, is binne in 'n kerk. Maar Hy is besig om 'n groot menigte van mense in ons dag buitekant die kerke te red:

Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was 'n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke… …Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.

Openbaring 7:9,14

V. As ek nie na 'n Christelike kerk gaan nie, hoe kan ek dan verlossing vind?

A. Dit is deur die Bybel dat God Sy verlossing uitwerk. Daarom wil ons so veel moontlik die Bybel lees as wat ons kan en strewe om so gehoorsaam moontlik te wees aan wat dit sê. God red indiwiduë onder die geklank van die Woord van God:

Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Johannes 6:63

Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Romeine 10:17

Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag.

Psalm 119:97

Dit is deur die lees van die Bybel dat ons kan weet of God inderdaad vir ons sondes gesterf het. Mag God die skrifgedeeltes in hierdie pamflet gebruik om jou ryklik met Sy verlossing te seën.

* Vir meer inligting oor die wegraping van die uitverkore mense van God in Mei 2011, en die finale vernietiging van die wêreld in Oktober 2011, kontak ons asseblief deur een van die volgende metodes hieronder genoem:

Sluit by ons aan vir lewendige deelgenootskap oor die Internet - besoek:

www.ebiblefellowship.com

Luister lewendig via die “Internet Broadcasts” area van ons webtuiste of volg die Gratis Paltalk instruksies. Jy mag EBF tolvry skakel by:
1-877-897-6222 (slegs USA).

Jy mag 'n boodskap, 'n vraag, of 'n aanmerking laat by: www.ebiblefellowship.com/contactus

Of skryf aan ons by: EBible Fellowship,

P.O. Box 1393, Sharon Hill, PA 19079  USA

DGDFY.2008.10.23-Af-web