Printer-Friendly PDF Version
A4 (210 x 297 mm.)
.pdf
Download Adobe Acrobat Reader

Hoe om die Bybel te Verstaan


Baie mense sukkel om die Bybel te lees. Hulle begin met goeie bedoelings, maar stop kort voor lank omdat hulle net nie kan verstaan wat hulle lees nie. Dis is baie jammer omdat (1) die Bybel die waaragtige woord van die oneindige God, wat die hemel en aarde en alles daarop geskape het, is waardeur Hy Sy wil vir ons lewens aan ons wil openbaar, en (2) God se Woord die reddende krag is wat Hy in diegene wat Hy wil red, se lewens laat werk, want dis net God se Woord wat mens kan red.

Genadiglik wys God ons hoe ons die Skrif moet interpreteer sodat ons kan verstaan wat Hy vir ons wil sÍ. Ons gaan nou ondersoek instel na dit wat God Self vir ons sÍ oor hoe die Bybel verstaan moet word.*

Nťt die Bybel, in sy geheel, is die geopenbaarde Woord van God:

2 Timotheus 3:16: Die hele Skrif is deur God ingegee [letterlik: “deur God uitgeasem”] en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.

2 Petrus 1:21: Want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

1 Tessalonisense 2:13: Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo.

Openbaring 22:18: Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.

Omdat die Bybel soos geen ander boek is nie (dis immers deur die Ewige God geskryf en nie deur mense nie), moet ons nťt God se instruksies vir Bybelstudie en die verstaan daarvan gebruik. Die Bybel moet ons enigste gesag wees. Ons kan nie ons eie sondige en ydele denke gebruik om reŽls vir die uitleg van die Skrif te formuleer nie.

Elke woord in die Skrif, elke karakter in die oorspronklike geskrifte, is perfek en waar:

Spreuke 30:5: Elke woord van God is gelouter; Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil.

Psalm 12:6: Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.

Psalm 119:160: Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

Openbaring 21:5: …En Hy het aan my gesÍ: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.

Mattheus 5:18: Want voorwaar Ek sÍ vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.

Romeine 3:4: Nee, stellig nie! Maar God moet waaragtig wees en elke mens leuenagtig.

Juis omdat hierdie woorde perfek en waar is, kan daar geen fout of teenstrydighede in die Bybel wees nie. Indien ons dus verse vind wat skynbaar teenstrydig is, moet ons weet dis omdat ons een van daardie gedeeltes nie verstaan nie. God gebruik dikwels hierdie oŽnskynlike teenstrydighede om ons aandag op 'n belangrike les in die Woord te vestig, en ons so te noop om dit van nader te bestudeer.

Die Bybel verteenwoordig God se reddende krag:

Romeine 1:16: Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

Romeine 10:17: Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Daar is nie 'n belangriker boek in die heelal nie. God sal niemand sonder Sy kragtige Woord red nie. DŪt is van die grootste belang vir die hele mensdom.

Ons kan die Bybel slegs verstaan as Sy Heilige Gees ons (geestelike) oŽ en ons gedagtes en harte oopmaak sodat ons God se Ewige Woord kan verstaan:

1 KorinthiŽrs 2:14: Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Job 32:8: Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.

Lukas 24:45: Toe open Hy [Christus] hulle verstand om die Skrifte te verstaan.

Psalm 119:18: Open my oŽ, dat ek kan sien die wonders uit u wet.

Ons moet die Bybel in nederigheid en gebed bestudeer, en vir God vra om ons geestelike oŽ oop te maak sodat ons Sy Woord kan verstaan.

Die Bybel verduidelik dat ons die Skrif met die Skrif moet vergelyk (die geestelike met die geestelike), sodat ons dit kan verstaan:

1 KorinthiŽrs 2:13: Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met diť wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk..

Johannes 6:63:†…die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

2 Petrus 1:20: terwyl julle veral dŪt moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie;

Die Bybel dien as sy eie “Verklaring” en sy eie “Woordeboek”. Die betekenis van woorde en sinne word nie deur die mens se wysheid of sy bestudering van Griekse wÍreldletterkunde bepaal nie, maar deur God. Ons moet kyk hoe God hierdie woorde elders in die Skrif gebruik.

Omdat die hele Bybel deur Een Outeur, God, geskryf is, kan ons sekerlik woorde en sinne uit een gedeelte van die Bybel met diť in 'n ander gedeelte vergelyk. God gee opdrag dat ons die Skrif met die Skrif moet vergelyk (die geestelike met die geestelike). Hy gee ons nie opdrag om soos vele teoloŽ vandag die geskiedkundige of die grammatikale aspekte te vergelyk nie.

Selfs 'n kind kan die Bybel goed genoeg verstaan om gered te word as God die kind daarmee help:

2 Timotheus 3:15: En dat jy [Timotheus] van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.

'n Ander sleutelfaktor is egter dat die Bybel sů geskryf is dat dit vir ongelowiges moeilik is om te verstaan. Dit klink ietwat vreemd, maar dit stem ooreen met die wyse waarop Jesus die mense geleer het toe Hy op Aarde gewandel het:

Spreuke 25:2: Dit is die eer van God om 'n saak te verberg, maar die eer van konings om 'n saak na te speur.

Psalm 78:2-3: Ek wil my mond open met 'n spreuk ('n gelykenis), raaisels uit die voortyd laat stroom. Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het.

(Hierdie “gelykenis” is die hele geskiedenis van die nasie van Israel, wat 'n geskiedkundige prentjie of voorstelling van die Evangelie is.)

2 Petrus 3:16: Net soos in al die briewe [van Paulus]. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf.

Hier is voorbeelde van die gelykenisse waarin Jesus met die gewone mense gepraat het:

Markus 4:33-34: En met baie sulke gelykenisse het Hy [Jesus] die woord tot hulle gespreek volgens wat hulle kon verstaan; en sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreek nie; maar afsonderlik het Hy vir Sy dissipels alles uitgelÍ.

Lukas 8:10: En Hy [Jesus] antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie.

Die Bybel bevat 'n magdom verse in spreuk- en gelykenisvorm wat 'n dieper geestelike betekenis dra.

Die Bybel getuig self daarvan dat dit van begin tot einde gevul is met die boodskap van Jesus, die Evangelie van ons Redding, en dat vele Ou Testamentiese verhale in werklikheid geskiedkundige gelykenisse is wat ons simbolies na Christus lei:

Handelinge 3:18: Maar God het op diť manier vervul wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al Sy profete, dat die Christus sou ly.

Handelinge 3:24: En ook al die profete van Samuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig.

Johannes 5:39: Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is diť wat van My getuig.

HebreŽrs 10:7: Toe het Ek gesÍ: Kyk, Ek kom – in die boekrol is dit van My geskrywe – om u wil te doen, o God.

Lukas 24:25-27: En Hy sÍ vir hulle: O, onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in Sy heerlikheid ingaan nie? En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelÍ in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.

Maak nie saak waar ons in die Bybel lees nie, ons moet op die uitkyk wees vir Christus se Reddingsboodskap, want soos wat ons begin om Christus in elke vers raak te sien, sal ons nader aan die skrifgedeelte se werklike betekenis kom.

Die hele Bybel bevat 'n dieper geestelike betekenis, weggesteek in gelykenisse en allegorieŽ in verse wat bloot geskiedkundige of morele stellings blyk te wees. Elkeen van die Bybel se geskiedkundige en morele stellings bly heeltemal waar, maar ons kan selfs nog meer te wete kom deur die simboliese Geestelike boodskap daarin na te speur. Jesus moes Sy volgelinge, asook die FariseŽrs, vermaan omdat hulle Sy woorde letterlik wou opneem en nie simbolies, met 'n dieper geestelike betekenis, soos wat Hy bedoel het nie. Hier is 'n paar voorbeelde:

Mattheus 16:6-8: Daarop sÍ Jesus vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die FariseŽrs en SadduseŽrs. En hulle het onder mekaar geredeneer en gesÍ: Dit is omdat ons geen brode saamgeneem het nie. Maar Jesus het dit opgemerk en vir hulle gesÍ: Wat redeneer julle onder mekaar, kleingelowiges, dat julle geen brode saamgeneem het nie?

Johannes 4:11, 13: Die vrou sÍ vir Hom: Here, U het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water? [Ö] Jesus antwoord en sÍ vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry.

(Die vrou het die letterlike water met geestelike, lewende water verwar).

Johannes 3:4: Nikodemus sÍ vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?

†(En in vers 10 vermaan Jesus hom):†

Johannes 3:10: Jesus antwoord en sÍ vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?

Johannes 11:11-13: Dit het Hy gespreek; en daarna sÍ Hy vir hulle: Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak. Sy dissipels sÍ toe: Here, as hy slaap, sal hy gesond word. Maar Jesus het gespreek van Sy dood, terwyl hulle gedink het dat Hy van die rus van die slaap spreek.

Johannes 6:51-53, 60-61, 66: Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wÍreld sal gee. Die Jode het toe met mekaar gestry en gesÍ: Hoe kan Hy ons Sy vlees gee om te eet? En Jesus sÍ vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sÍ vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en Sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. […] En baie van Sy dissipels het gesÍ toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister? En Jesus het in Homself geweet dat Sy dissipels hieroor murmureer, en Hy sÍ vir hulle: Is dit julle tot 'n aanstoot? […] Hieroor het baie van Sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.†

Lukas 24:45-46: Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan. En Hy sÍ vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan.

Jesus sÍ hier dat dit in die Ou Testament geskryf staan dat die Christus moet sterf en op die derde dag weer opstaan. Dit word egter nie sů in die Ou Testament uitgespel nie Ė daar word net allegories daarna op plekke soos Jona 1:17 verwys:

“En die HERE het 'n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis.”.

Christus verwys na hierdie Ou Testamentiese vers as 'n allegoriese verwysing na Sy Opstanding in Mattheus 12:40. Christus wys ons dus dat, om Jona se storie reg te verstaan, ons moet kyk na wat dit ons van die opstanding van Christus vertel.

Lukas 17:12, 14-17: En toe Hy in 'n sekere dorp ingaan, kom tien melaatse manne Hom tegemoet, wat op 'n afstand bly staan het. […] En toe Hy hulle sien, sÍ Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword. En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met 'n groot stem verheerlik. En hy het op sy aangesig neergeval by Sy voete en Hom gedank. En hy was 'n Samaritaan. Toe antwoord Jesus en sÍ: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?

Hierdie verhaal gee vir ons een van die duidelikste aanduidings van die manier waarop ons die geestelike aspek van die Skrif moet verstaan. Christus gee hier aan tien melaatses opdrag om hulself aan die priester te gaan wys, nes die Ou Testamentiese wette dit vereis. Dit was 'n verwysing na die seremoniŽle wette in Levitikus 14:2, waarin geskryf staan:

“Dit is die wet van die melaatse op die dag van sy reiniging. Hy moet na die priester gebring word.”

Christus se reaksie op die een melaatse wys ons dat Sy opdrag op geestelike wyse vertolk moes word. Dit verwys na ons verootmoediging voor die groot HoŽpriester (HebreŽrs 4:14) wanneer ons gered word. Jesus het die ander nege melaatses berispe omdat hulle God se letterlike opdrag nagekom het terwyl hulle die ware geestelike doel van Sy opdrag, om hul aan Christus die HoŽpriester te wys en Hom te dank, geÔgnoreer het.

Die Bybel is 'n Geestelike boek en moet nie net as 'n versameling morele lesse, geskiedenis, digkuns of wyshede gelees word nie. Dit fokus op die mensdom se grootste behoefte – Redding.

Johannes 6:63: Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Romeine 7:14: Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde.

Ons kan dus God se sleutel-leerstellings oor die manier waarop ons die Bybel moet bestudeer en verstaan, sů opsom:

  1. Bid altyd eers voor Bybelstudie, omdat dit net die Heilige Gees is wat ons oŽ kan oopmaak en ons kan help om Sy Ewige Woord te verstaan.

  2. Weet dat elke stelling in die Skrif deur God geskryf is en waaragtig waar is. Dit sal dus in harmonie met elke ander stelling wees. Indien daar teenstrydigheid blyk te wees, is dit omdat ons een van hierdie stellings nog nie reg verstaan nie.

  3. Ons moet die Skrif met die Skrif vergelyk. Die Bybel dien as sy eie woordeboek en omskryf self die konsepte daarin. Dit beteken dat ons aantekeninge moet maak soos wat ons die Bybel lees, van verse of idees wat skynbaar met ander verse verband hou. Deur hierdie verse saam te bestudeer, kan dit ons help om hulle beter verstaan, omdat elke gedeelte 'n ander leidraad tot die algehele betekenis bevat. 'n Ander implikasie is dat ons nie in Griekse of Hebreeuse woordeboeke na die betekenis van Bybelse woorde moet soek nie; ons moet eerder gaan kyk hoe God daardie Griekse of Hebreeuse woord elders in die Bybel gebruik. Daar bestaan uitstekende hulpmiddels om ons hiermee te help, soos Strongís Exhaustive Concordance of Youngís Analytical Concordance, en die Personal Computer Bible soekprogrammatuur (gratis op die EBF1 CD op ons webblad beskikbaar by www.ebiblefellowship.com/free_cd. Verskeie ander Bybeltale kan ook gratis vanaf hierdie program se hulp–kieslys afgelaai word). Hierdie hulpmiddels help ons om al die verse te vind waarin 'n spesifieke Griekse of Hebreeuse woord gebruik word, sonder dat die oorspronklike taal aangeleer hoef te word.††††

  4. God se Blye Boodskap loop soos 'n draad deur die hele Bybel – die Ou Testament ťn Nuwe Testament – en dui op die sondaar se behoefte om van die komende oordeel gered te word. Dit verwys ook heeltyd deur na Christus se versoeningsoffer aan die kruis, na die feit dat ons redding geheel en al op God se soewereine dade berus, en na verwante geestelike waarhede. Enige simboliese of allegoriese betekenis moet uiteindelik op Christus en Sy Evangelie dui, en moet in lyn wees met die res van die Skrif.

  5. Gelykenisse en allegorieŽ moet egter nie te ver gevat word nie: dis net simbole en skimme van die waarheid, en die waarhede waarna hulle verwys, kan soms nie op elke aspek van die onderliggende waarheid toegepas word nie. Dit beteken hulle lig ons in oor party aspekte van die dinge waarna verwys word, maar dat dit onvolledig kan wees of ander aspekte impliseer wat nie toepaslik is nie. In hierdie geval moet die beginsel in (2) toegepas word: maak seker dat die gevolgtrekkings wat gemaak word, in lyn is met al die ander Skrifgedeeltes oor dieselfde onderwerp.

Psalm 119:97: Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag.

Kom deel aan ons internet-gemeente, of laai gratis Bybelstudiestukke en traktaatjies af by:

www.ebiblefellowship.com

Gaan na die “Internet Broadcasts”–afdeling op ons webwerf om na lewendige opnames te luister, of volg die gratis laat vir ons 'n boodskap, navraag of kommentaar by:

www.ebiblefellowship.com/contactus.

of skryf vir ons by:

EBible Fellowship, PO Box 1393, Sharon Hill, PA 19079 (Pennsylvania), USA.

* Alle Skrifgedeeltes is uit die 1933 Bybelvertaling geneem.

 

UTB.05.17.2009.AF-web