Printer-Friendly PDF Version
US Legal (8.5 x 14)
.pdf
Download Adobe Acrobat Reader

 

die DAG VAN OORDEEL!
21 Mei, 2011

hourglass

En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek. Openbaring 9:5

einde van Die Wêreld
21 Oktober, 2011


Die doel van hierdie traktaatjie is om die groot erns wat daar nou in die wêreld vir iedereen is om met God versoen te word, onder jou aandag te bring. Die Bybel is die Woord van God! Alles wat die Bybel verklaar het die volle gesag van God Homself. In hierdie tyd kom daar inligting uit die Bybel wat duidelik God se plan vir die Dag van Oordeel en die einde van die wêreld self openbaar. Die Bybel het sy geheime aangaande die tydlyn van geskiedenis bekend gemaak. Hierdie informasie was nooit van tevore bekend nie omdat God Sy Woord gesluit het om enige poging te verhoed om kennis te verkry van die einde van die wêreld. Ons lees hieroor in die boek van Daniel:

Daniël 12:9 En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.

Maar in ons huidige dag het God sy Woord (Die Bybel) oopgemaak om ‘n groot hoeveelheid waarheid aangaande die einde van tyd (en baie ander leeringe) bekend te maak. In dieselfde hoofstuk van Daniel sê dit ook:

Daniël 12:4 En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

God maak nou Sy Woord oop omdat ons die tyd van die einde bereik het. Vir hierdie rede het dit vir die ernstige student van die Bybel baie duidelik geword dat ons nou in die laaste dae van die geskiedenis van die aarde lewe. Omdat ons nou in die tyd van die einde lewe, maak God die volgende inligting aan Sy mense bekend:

DIE BYBEL SE KALENDER VAN GESKIEDENIS

Die Here het Sy mense se verstand oopgemaak vir die “Bybelse Kalender” soos gevind op die bladsye van die Bybel. Die genealogieë van die boek van Genesis, hoofsaaklik in hoostukke 5 and 11, kan gewys word as ‘n presiese kalender van die geskiendenis van die mens in die wêreld. Die Bybel se kalender van geskiedenis is heeltemal akuraat en betroubaar.

Omdat hierdie Bybel kalender deur God in sy Woord gegee word, kan dit ten volle vertrou word. In hierdie kort pamflet sal ons sommige van die gevolgtrekkinge bespreek wat van die Bybel Kalender en ander studies van die Skrif verkry is. Tog is die beskikbare inligting te veel en te kompleks om in hierdie kort pamflet in baie detail in te gaan; maar ons kan en sal presiese en noodsaaklike datums gee. Hierdie datums kan ten volle vertrou word omdat hulle reg vanuit die Bybel kom. (EBiblefellowship het geen affiliasie met Family Radio nie; maar ons beveel hoog aan dat jy die gratis boek “We Are Almost There!” verkry deur aan die volgende adres te skryf: Family Stations, Inc., 290 Hegenberger Rd., Oakland, CA 94621. Hier boek gaan in baie meer detail aangaande die tyd van die Dag van Oordeel en die einde van die wêreld. Jy kan ook “We Are Almost There!” aanlyn lees of aflaai by: www.familyradio.com).

TYD VAN BELANGRIKE GEBEURE IN GESKIEDENIS

11013 v.C—Skepping. God skep die wêreld en die mens (Adam and Eva).

4990 v.C—Noag se vloed. Almal vergaan in a wêreldwye vloed. Slegs Noag, sy vrou, en sy 3 seuns en hulle vrouens het in die ark oorleef (6023 jaar vanaf die skepping).

7 v.C—Die jaar van Jesus Christus se geboorte (11006 jaar vanaf die skepping).

33 n.C—Die jaar toe Jesus Christus gekruisig was en die kerk era begin het. (11045 jaar vanaf die skepping; 5023 kalendar jare vanaf die vloed).

1988 n.C—In hierdie jaar was die kerk era beëindig en het die groot verdrukking van 23 jaar begin (13000 jaar vanaf die skepping).

1994 n.C—Op 7 September het die eerste 2300-dag tydperk van groot verdrukking tot ‘n einde gekom en die laat reëns het begin met die aanvang van God se plan om ‘n groot menigte van mense buitekant die kerke te red (13006 jaar vanaf die skepping).

2011 n.C—Op 21 Mei sal die Dag van Oordeel begin en die wegraping (die opneem van God se uitvekore mense na die Hemel) sal plaasvind aan die enide van die 23 jaar groot verdrukking. Op 21 Oktober sal die wêreld deur vuur vernietig word (7000 jaar vanaf die vloed; 13023 jaar vanaf die skepping).

EEN DAG IS SOOS 1000 JAAR

Die kind van God het van die Bybel geleer dat die taal van Genesis 7 ‘n tweevoudige betekenis het:

Genesis 7:4 Want oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die aarde, veertig dae en veertig nagte, en al die lewende wesens wat Ek gemaak het, van die aarde verdelg.

Histories soos God hierdie woorde gespreek het, was daar sewe dae vir Noag, sy familie, en die diere om in die veligheid van die ark in the gaan; maar geestelik (en die Bybel is ‘n geestelike boek), het God met al die mense van die wêreld gepraat en verklaar dat die sondige mens 7000 jaar sou hê om toevlug in die verlossing voorsien deur Jesus Christus te vind. Hoe kan ons dit weet? Ons weet dit is so gebaseer op wat ons lees in 2 Petrus, hoofstuk 3:

2 Petrus 3:6-8 waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het. Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense. Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.

Die konteks van 2 Petrus 3 is baie belangrik! In die eerste paar verse verwys God ons na die vernietiging van die wêreld deur die vloed gedurende Noag se dag. Ons vind dan ‘n interessante vermaning dat een ding ons nie moet “ontgaan” nie, naamlik dat 1 dag soos 1000 jaar is, en 1000 jaar soos 1 dag. Onmiddellik na hierdie stukkie inligting word ‘n baie helder beskrywing van die einde van hierdie wêreld deur vuur gegee.

Wat wil God ons probeer vertel deur 1 dag met 1000 jaar te koppel.

Aangesien ons onlangs die Bybel kalender van geskiedenis op die bladsye van die Bybel ontdek het, vind ons dat die vloed van Noag se dag in die jaar 4990 v.C plaasgevind het. Hierdie datum is heeltemal akuraat (vir meer inligting oor die Bybelse tydlyn van geskiedenis, gaan asb na: www.familyradio.com).  Dit was in die jaar 4990 v.C dat God aan Noag geopenbaar het dat daar nog 7 dae sou wees voordat die water-vloed op die aarde sou wees. As ons nou 1000 met elkeen van daardie 7 dae vervang, kry ons 7000 jaar. En as ons 7000 jaar in die toekoms projekteer vanaf 4990 v.C, vind ons dat dit op die jaar 2011 n.C val.

   4990 + 2011 = 7001   

Nota: Wanneer ons werk van ‘n Ou Testament datum na ‘n Nuwe Testament datum, trek altyd een jaar af want daar is geen jaar nul nie. Die resultaat is:

   4990 + 2011 – 1 = 7000 jaar presies.

Die jaar 2011 n.C sal die 7000e jaar wees vanaf die vloed van Noag se dag. Dit sal die einde van die tydperk wees wat aan die mens gegee is om genade by God te vind. Dit beteken dat die tyd om toevlug in Christus te vind baie min geword het. Ons is net ‘n klein entjie weg van die jaar 2011 n.C!

Dit is nie ongewoon dat God se mense insig aangaande die tyd van die einde van die wêreld gegee is nie. Eintlik vertel die Bybel ons dat dit normaalweg die geval is. In die velede het God Sy mense gewaarsku oor naderende oordeele.

Amos 3:7 Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.

Hebreërs 11:7 Deur die geloof het Noag, toe hy ‘n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en ‘n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is.

DIE DAG VAN OORDEEL: 21 MEI , 2011

Ons weet dat die jaar 2011 die 7000e jaar vanaf die vloed is. Ons weet ook dat God die wêreld in daardie jaar sal vernietig. Maar wanneer in 2011 sal dit gebeur?

Die antwoord is ongelooflik. Kom ons kyk weer na die vloedgebeure in die boek van Genesis:

Genesis 7:11 In die ses honderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen;

Getrou aan Sy Woord het God die vloed 7 dae later gebring in die 600e jaar, op die 17e dag van die 2e maand van die kalender in ooreenstemming met Noag se lewe. Dit was op hierdie 17e dag van die 2e maand dat God die deur van die ark gesluit het en in die proses die veiligheid van die bewoners gewaarborg en ook die noodlot verseël van almal buite die ark. Hulle sou nou almal sekerlik vergaan in hierdie wêreldwye ramp.

Genesis 7:16,17 En die wat ingaan, het gegaan as mannetjie en wyfie van alle vlees soos God hom beveel het. En die HERE het agter hom toegesluit. En die vloed was veertig dae lank op die aarde: die waters het vermeerder en die ark opgehef, sodat dit opgerys het bo die aarde.

Vroeër was dit genoem dat die kerk era in die jaar 1988 N.C tot ‘n einde gekom het. Dit het so gebeur dat die kerk era op Pinksterdag (22 Mei) in die jaar 33 n.C begin het. Daarna, 1955 jaar later, op 21 Mei, die dag voor Pinkster in 1988, het die kerk era tot ‘n einde gekom.

Die Bybel leer dat die einde van die kerk era saam met die begin van die groot verdrukking sou plaasvind:

Matteus 24:21 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.

Op 21 Mei, 1988, was God klaar met die gebruik van die kerke en gemeentes van die wêreld. Die Gees van God het all kerke verlaat, en Satan, as die mens van sonde, het in die kerke ingekom om te regeer vanaf daardie tyd. Die Bybel leer ons dat hierdie aaklige periode van oordeel op die kerke 23 jaar sou duur. Vanaf 21 Mei, 1988 tot 21 Mei, 2011 sou ‘n volle 23 jaar (presies 8400 dae) wees. Hierdie inligting is uit die Bybel ontdek heeltemal onafhanklik van die inligting aangaande die 7000 jaar van die vloed. Daarom sien ons dat die volle 23-jaar verdrukking periode tot ‘n einde kom op 21 Mei, 2011. Hierdie dag is die presiese dag dat die groot verdrukking tot ‘n einde kom en dit is ook die mees waarskynlikste landingsplek vir die 7000 jaar vanaf die vloed van Noag se dag.

Hou in gedagte dat God die deur op die ark op die 17de dag van die 2e maand van Noag se kalender gesluit het. Ons vind ook dat 21 Mei, 2011 die einde van die groot verdrukking periode is. Daar is ‘n sterk verwantskap tussen die 2e maand en 17e dag van Noag se kalender en 21 Mei ,2011 van ons Gregorian kalendar. Hierdie verwantskap kan nie maklik gesien word nie totdat ons ontek dat daar nog ‘n kalendar is waarna ons moet kyk. Dit is die Hebreeuse (of Bybel) kalender. 21 Mei, 2011 is in der waarheid die 17de dag van die 2de maand van die Hebreeuse kalendar. Hiermee bevestig God aan ons dat ons ‘n baie akuraate verstaan het aangaande die 7000-jaar tydlyn vanaf die vloed. 21 Mei, 2011 is die ooreenstemmende datum met die datum van wanneer God die deur op die ark gesluit het. Deur hierdie en baie ander Bybelse informasie vind ons dat 21 Mei, 2011 die dag sal wees wanneer God Sy uitverkore mense in die hemel sal opneem. 21 Mei, 2011 sal die Dag van Oordeel wees! Dit is die dag wanneer God die deur van verlossing vir die wêreld sal sluit.

Deurdat God, met ander woorde, die groot verdrukking periode afsluit op die dag wat identifiseer met die 17e dag van die 2e maand van Noag se kalender, bevestig God sonder twyfel aan ons dat hierdie die dag is wanneer Hy van plan is om vir ewig die ingangs-deur na die hemel te sluit:

Johannes 10:9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.

Die Bybel is baie duidelik dat Christus die enigste weg na die hemel is. Hy is ons enigste ingang na die gloriryke koningkryk van die hemel:

Handelinge 4:12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Wanneer die deur (Jesus) gesluit word ten tye van die Dag van Oordeel, sal daar geen meer verlossing op die aarde moontlik wees nie:

Openbaring 3:7 …Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie:

Die Bybel leer dat slegs die ware gelowiges wie uitverkies is deur God tot verlossing weggeraap (opgeneem) sal word uit die wêreld die Here tegemoet in die lug om vir ewig saam met die Here te wees:

1 Tessalonisense 4:16,17 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

Die res van die mensdom (miljarde mense) sal agtergelaat word om die verskriklikke oordeel van God, ’n aaklige periode van 5 maande van lyding op die aarde te ervaar:

Openbaring 9:3-5 En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het. En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie. En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek.

DIE EINDE VAN DIE WÊRELD: 21 OKTOBER, 2011

Deur God se genade en groot barmhartigheid, gee Hy vir ons in waarskuwing vooruit aangaande wat Hy gaan doen. Op die Dag van Oordeel, 21 Mei, 2011, sal hierdie 5-maande periode van aaklige lyding vir al die inwoners van die aarde begin. Dit sal op 21 Mei wees dat God al die dooies wat gesterf het uit hul grafte sal opbring. Aardbewings sal die hele wêreld verwoes aangesien die aarde nie langer sy dooies bedek nie. (Isaiah 26:21). Mense wat gesterf het as verloste individue sal die opstanding van hul liggame ervaar en onmiddelik hierdie aarde verlaat om vir ewig saam met die Here te wees. Die wie ongered gesterf het sal ook opgebring word, maar slegs om hul lewelose liggame op die hele oppervlakte van die aarde te verstrooi. Die Dood sal orals wees.

Die Here beklemtoon ook hierdie vesrkriklike 5 maande van vernietiging in die laaste verse van Genesis hoofstuk 7:

Genesis 7:24 En die waters het die oorhand behou oor die aarde honderd en vyftig dae lank.

Vyf maande na 21 Mei, 2011 sal 21 Oktober, 2011 wees. Dit werk so uit dat 21 Oktober, 2011 ook die laaste dag van die Bybelse Huttefees is (gehou gelyktydig met die Fees van Insameling). Die Huttefees word gehou in die 7e maand van die Hebreeuse kalender. Die manier hoe God oor hierdie fees praat is baie betekenisvol:

Eksodus 23:16 …en ook die fees van die insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die land insamel.

Eksodus 34:22 Die fees van die weke moet jy ook hou, die fees van die eerstelinge van die koring-oes; en die fees van die insameling by die wisseling van die jaar.

Die Huttefees / Insameling was verklaar om in die “einde van die jaar” plaas te vind, al was dit gehou in die Hebreeuse 7e maand wat nie die einde van die jaar is nie. Die rede hiervoor is omdat die geestelike vervulling van hierdie spesifieke fees die einde van die wêreld is. Die datum 21 Oktober, 2011 sal die laaste dag van die Huttefees en ook die laaste dag van die aarde se bestaan wees. Die Bybel beskryf wat op 21 Oktober, 2011 sal plaasvind in die volgende gedeelte:

2 Petrus 3:10 Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.

Net soos die hele wêreld en heelal, sal almal wie teen God gesondig het en agtergelaat is deur vuur veteer word en vir ewig vernietg word:

2 Tessalonisense 1:8,9 in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie. Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte,

Op 21 Oktober, 2011, sal God hierdie skepping en al die mense wie nie die verlossing van Jesus Christus ervaar het nie heeltemal vernietig. Hierdie verskriklike betaling vir hulle sondige opstand teen God sal voltooi word deur die verlies van die ewige lewe. Op 21 Oktober, 2011, sal al hierdie arme mense ophou om vanaf daardie punt af te bestaan. Hoe hartseer dat die mens in sy aansien, geskep in na die beeld van God, sal sterf soos ‘n dier en vir ewig vergaan:

Psalms 49:12 Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan.

Daar is baie meer om te deel. Maar wees asseblief gewaarsku liewe siel dat die tyd vir verlossing besig is om uit te loop! God het die wêreld 7000 jaar vanaf die vloed gegee, en nou is daar net ‘n paar dae oor tot ons by 21 Mei, 2011 kom. Voor ons dit weet sal tyd heeltemal uitloop het. Die paar sandkorreljies nog in die uurglas sal uitloop en verewig verdwyn. Alhoewel min tyd oor is, is daar nog wonderlike hoop vir iederneen:

2 Korintiërs 6:2 Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.

Dit neem God glad nie lank om iemand te red nie. In die laaste ure van ‘n vreeslike sondige lewe, was die dief aan die kruis deur Christus verlos:

Lukas 23:42,43 En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.

Ons gebed is dat jy hierdie traktaatjie sal ontvang in die gees van opregte besorgheid waardeur dit aangebied word. Soos jy hierdie pamflet lees oorweeg versigtig die verse aangehaal uit die Bybel, want hulle is die Woord van God en besit daarmee absolute gesag en autoriteit. Ons enigste hoop vir verlossing is deur die lees van die Woord van God. Dit is nou dat die deur van die hemel (Christus) nog oop is. Dit is nou dat God ‘n groot menigte van mense van regoor die wêreld buitekant die kerke en gemeentes red:

Openbaring 7:9,13,14 Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; …Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom? En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.

God red slegs deur die gehoor van die Woord van God:

Romeine 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Lees die Bybel saam met al jou familie (veral jou kinders); en bid vir barmhartigheid saam met jou lees. Bid tot die barmhartige en genadige God van die Bybel dat Hy jou van die opkomende vernietiging mag verlos. Ons leer ‘n bietjie van God se yslike medelyde in die boek van Jona. God het ook voortuit waarskuwing aan die mense van Ninive gegee in verband met die vernietiging van hulle stad.

Jona 3:4-9 En Jona het begin met een dagreis ver die stad in te gaan en het gepreek en gesê: Nog veertig dae, dan word Ninevé verwoes. En die manne van Ninevé het God geglo en ‘n vasdag uitgeroep, en groot en klein het hulle met rougewaad beklee. En toe die berig die koning van Ninevé bereik, het hy opgestaan van sy troon en sy mantel afgehaal en in rougewaad gehuld in die as gaan sit. En hy het in Ninevé laat uitroep en sê: Op las van die koning en sy groot manne—geen mens of dier, beeste of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie; maar mens en dier moet ‘n rougewaad om hê, en hulle moet ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef. Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie?

God het nie die mense van Ninive vernietig nie. Alhoewel daar geen moontlikheid is dat God nie sal deurgaan met Sy bedoeling om die wêreld in 2011 te vernietig nie, kan ons weet van Sy handelinge met die mense van Ninive dat God goedhartig en vol van barmhartigheid is. Dit moet ons almal aanspoor om na God te gaan en Hom vir Sy barmhartigheid the smeek.

Psalms 86:15,16 Maar U, Here, is ‘n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou. Wend U tot my en wees my genadig…

 

Vir meer inligting besoek:

www.ebiblefellowship.com

Luister lewendig na die "Internet Broadcasts" area van ons web-tuiste of volg die Gratis Paltalk instruksies.

Jy mag EBF tolvry skakel by: 1-877-897-6222 (slegs USA).

Jy mag 'n boodskap, 'n vraag, of 'n opmerking laat by:

  www.ebiblefellowship.com/contactus

Of skryf aan ons by:

EBible Fellowship, P.O. Box 1393, Sharon Hill, PA 19079 USA

May21_2009.08.10-AF