Printer-Friendly PDF Version
US Legal (8.5 x 14)
.pdf
Download Adobe Acrobat Reader

 

Die Bybel Openbaar

ONS KAN WEET

21 Mei, 2011

Is Oordeelsdag!


Wanneer die boodskap gehoor word dat 21 Mei, 2011, Oordeelsdag is, vewys baie in die kerke dadelik na 'n Bybelvers soos:

Matteus 24:36 Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.

“Jy sien,” nadat hierdie vers aangehaal word, sê hulle, “die Bybel sê niemand kan weet nie.” Hulle mag dan ook byvoeg, “Self Jesus Homself weet nie die tyd nie; daarom is jou datum van 21 Mei, 2011, heeltemal verkeerd.” Soos gereeld die geval is nadat die verklaring vinnig gemaak word en die boodskap aangaande die datum van die einde van die wêreld eenkant toe gestoot word, sal hierdie persoon op sy of haar pad gaan tevrede dat dit nooit sal gebeur nie. “Tog na alles,” dink hulle, “die Bybel sê ons kan nie die tyding van die einde weet nie.”

Ons erken natuurlik dat die Bybel hierdie vers in het. Tog is die vraag: ondersteun die res van die Bybel die idee dat ons nie die tyding van die einde van die wêreld kan weet nie? Of is daar meer inligting in die Bybel wat sal toelaat dat God se mense die datum van die einde van die wêreld kan leer?

Ons moet eers noem dat Jesus Christus Almagtige God is. En omdat Jesus Almagtige God is kan daar geen twyfel wees nie dat Hy weet wanneer die einde van die wêreld sal wees nie.

Job 24:1 …times are not hidden from the Almighty…

Die doel van hierdie pamflet is om uit die Bybel te wys dat omdat ons nou die laaste dae van die geskiedenis van die aarde bereik het, dit God se plan is (en nog altyd was) om die inligting van die Bybel aangaande die einde van die wêreld, insluitende die presiese tyd, te openbaar. Ons sien onder andere die idee in die volgende geldeelte van die Skrif:

Daniël 12:4 En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

Hierdie vers verklaar dat God die woorde geheim gehou het en die boek (die Bybel) verseël het tot die tyd van die einde toe. Niemand kon die tyd van die einde weet nie omdat die Bybel se inligting verseël was. Maar die sterk implikasie van Dan 12:4 is dat die seëls sou verwyder word wanneer die tyd van die einde bereik word. Verder, wanneer die tyd van die einde wel kom, sal “die kennis vermeerder.” Mattheus 24:36 verklaar dat niemand weet nie “maar net My Vader alleen.” God het nog altyd die tyd van die einde van die wêreld geweet. Omdat God self die outeer van die Bybel is, was dit geen probleem vir Hom om die inligting in die Bybel te plaas en geheim te hou waar dit dormant sou wees tot die gepaslike tyd in die geskiedenis bereik sou word. Omdat ons nou die einde van die wêreld bereik het is God tans besig om hierdie dinge aan Sy mense te openbaar.

WAAROM DIE KERKE NIE SAL VERSTAAN NIE

As jy met jou pastoor praat aangaande die datum van 21 Mei, 2011, as Oordeelsdag, is dit amper seker dat hy in teenstand sal wees met hierdie feit. Dit is verbasend hoe baie in die kerke in harmonie is met die verklaring “niemand weet die dag of uur nie.” Niemand moet egter troos neem van hulle verenigde standpunt nie omdat sonder twefel die kerke van ons tyd in 'n hoë mate van die waarheid afvallig geword het. Die kerke van die wêreld verskil en onderrig, in teenstand met mekaar, op baie punte van wat die Bybel leer (wat beteken dat hulle baie foute het in hulle gevolgtrekkinge). Daarom behoort dit nie besonders vertroostend vir die kerke te wees om uiteindelik saam te stem oor die punt van “niemand weet die dag of uur nie.” Dit behoort eerder verontrustend te wees, veral soos ons besef dat God se oordeel in ons dag op die kerke van die wêreld is, as gevolg van hulle ongehoorsaamheid:

1 Petrus 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God…

Die aaklige waarheid is dat die Here Homself die kerke van die wêreld verlaat het. Die Bybel leer ons dat die kerk era verby is (einde in 1988 N.C.). Die Here het die kerke in geestelike duisternes gelaat. Hulle kan nie die verskriklike waarheid sien dat ons nou by die werklike einde van die wêreld is nie. Die Here beskryf duidelik die geestelike leiers van die kerke van ons dag in Jesaja:

Jesaja 56:10-11 Hulle wagte is almal blind, hulle merk niks nie; hulle is almal stom honde wat nie kan blaf nie…en herders is hulle wat nie weet om op te merk nie…

God Homself dui aan dat baie van diegene wie bely dat hulle Sy mense is nie die waarskuwende tekens van die komende einde sal sien nie. Die Here gebruik die Ou Testament Israel/Juda as tipes en figure van die Nuwe Testament kerke en gemeentes.

Die Bybel wys dat God baie toornig was met Ou Testament Juda en hulle voor die tyd gewaarsku het oor sy bedoeling om hulle te oordeel, maar Judah het hierdie waarskuwings ter syde gestel en ge-ignoreer totdat hulle verwoes is—baie soos die kerke van vandag doen:

Jeremia 8:7 Selfs ‘n groot sprinkaanvoël aan die hemel ken sy bepaalde tye, en ‘n tortelduif en ‘n swaweltjie en ‘n kraanvoël neem die tyd van hulle koms in ag; maar my volk ken die reg van die HERE nie.

Nou, teen die einde, maak die Nuwe Testament kerke dieselfde foute wat Ou Testament Israel gemaak het. Hulle ignoreer die waarskuwings van God (vanuit die Bybel), presies soos Israel die waarkuwings van God ge-ignoreer het deur die profete wie die Here na hulle gestuur het.

GOD WAARSKU SY MENSE ALTYD VOORUIT

Dit is nou tyd vir ons om na ander inligting in die Bybel te kyk wat jou kerk of pastoor waarskynlik nie sal wil hê jy in ag moet neem nie; maar om te bewys dat ons wel die tyd van die einde kan weet, moet ons eers kyk na wat die res van die Bybel hieroor te sê het. God maak byvoorbeeld hierdie verklaring in die boek van Amos, Hoofstuk 3:

Amos 3:7 Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.

Geestelik gesproke is a profeet enigeen wie die woord van God verklaar. 'n Individuele gelowige vervul dus die rol van 'n profeet soos ons die Evangelie met ander mense deel. Die Here vertel ons in Amos 3:7 dat Hy inligting aan sy mense openbaar. Hy sê dat Hy inderdaad “niks doen” sonder om eers “Sy raadsbesluit aan Sy knegte.” te openbaar nie. Soos ons die Bybel se geskiedenis nagaan, sien ons werklik hierdie belangrike waarheid keer op keer raak.

Kom ons kyk na die vloed van Noag se dag:

Genesis 6:3,5,7 Toe sê die HERE…sy dae sal wees honderd en twintig jaar…Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was…En die HERE sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg…

In hierdie geval vind ons dat God die wêreld 120 jaar gegee het voordat Hy dit sou verwoes. Hierdie tyd was nodig omdat die Here Noag gekies het om die ark the bou en die taak te volbring om die wêreld gedurende daardie 120 jaar te waarsku. Die Bybel beskryf Noag as 'n “prediker van geregtigheid” (2 Petrus 2:5). Sy werk om die ark gedurende daardie lang jare te bou sou sekerlik nie onopgemerk verbygegaan het nie. Die bou van die ark was 'n groot getuienis van geloof in God, terwyl die ark se bestaan en konstruksie ook gedien het as a konstante veroordeling van die wêreld self:

Hebreërs 11:7 Deur die geloof het Noag, toe hy ‘n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en ‘n erfgenaam geword het van…geregtigheid…

Dit was in die 120st jaar (4990 V.C.) dat die Here weer eens aan Noag meer inligting gegee het aangaande die tyd van die vloed. Hierdie keer het God baie spesifieke inligting gegee.

Ongelooflik soos dit mag klink, gee God aan Noag, voor die vloed, die presiese jaar, maand en dag van die vloed.

Genesis 7:1,4,10-11 Daarna het die HERE aan Noag gesê…Want oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die aarde, veertig dae en veertig nagte…Ná die sewe dae kom toe die waters van die vloed op die aarde. In die ses honderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand

Dit is geen toeval nie dat God se mense in ons dag wel weet dat die einde in die jaar 2011 (presies 7,000 jaar na die vloed) sal wees nie, dit is in die maand van Mei, en op die 21st dag. Dit loop parallel met presies dit wat die Here aan Noag verklaar het. Onthou ook dat 21 Mei in 2011 die 17de dag van die 2de maand van die Hebreeuse kalender is, die ooreenstemmende datum toe die vloed begin het en toe die Here Noag en sy familie in die ark ingestluit het. Ons moet ook onthou dat Jesus na die vloed verwys as 'n voorbeeld van Sy eie koms:

Matteus 24:38-39 Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Christus se koms sal wees soos in die dae van Noag. Die vraag wat enigeen wie opreg na waarheid soek nou moet vra is: het enigeen enige iets vooraf geweet aangaande die aankomende vloed? Of het niemand die dag of tyd van die vloed geweet nie? Die Bybel se antwoord is: ja, God se mense het geweet. Noag het geweet. Noag se vrou het geweet. Noag se drie seuns en hulle vrouens het geweet. Die wêreld rondom hulle het ook geweet omdat Noag 'n prediker was. Maar hulle het, sonder twyfel, hom afgeskryf as 'n mal mens. Gevolglik het hulle almal omgekom in die vloed. 'n Belangrike punt wat die Bybel hieromtrent maak is dat alle tipe mense hierdie waarskuwing wat God uitstuur, hoor, maar dat slegs Sy uitverkose mense daarop reageer en iets daaromtrent doen. Daarom met inagneming van die aaklige dode-tal van die vloed, is dit belangrik dat ons van die volgende vers kennis neem:

2 Petrus 2:5 en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;

Die Here beklemtoon dat die vloed van Noag se dag al die “goddelose” mense verwoes het.

Hierdie is 'n baie belangrike feit. Elkeen van God se (wedergebore) mense was ingelig oor die vloed en van die dood gered. Elkeen van die regverdiges het geweet dat dit kom en was instaat om saam met Noag in die ark in te gaan. Ons kan seker wees dat God ook die res van die mense van Noag se dag gewaarsku het, maar hulle het nie die dinge geglo wat Noag aan hulle verklaar het nie. Ons sien hiermee die Bybelse beginsel soos verklaar in Amos 3:7. Die Here het Sy mense vooruit gewaarsku. Die res van die mense het gehoor, maar het tog uiteindelik God se waarskuwings ge-ignoreer. As resultaat is hulle onverwags betrap en het omgekom. Dit is die rede waarom die Bybel verklaar dat Christus “soos 'n dief in die nag” sal kom.

Die feit dat God Noag en sy familie vooraf gewaarsku het, moet opsigself ons laat stil word en besef dat die Here net so die tyd van die einde voor die Oordeelsdag sal openbaar. Daar is egter baie meer vir ons om in ag te neem ten opsigte van hoe God in die Bybelse geskiedenis werk.

Laat ons kyk na die vernietiging van Sodom en Gomorra. Voordat God die stede van Sodom en Gomorra vernietig het, het die Here Abraham besoek en Sy plan van oordeel op daardie stede aan hom ge-openbaar. Kenmerkend lees ons:

Genesis 18:16-17 …die manne…gekyk na die kant van Sodom… Daarop sê die HERE: Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen,

God het nie Sy plan om Sodom te vernietig van Abraham weggesteek nie. Die Here het dit goed gedink om hierdie inligting met Sy kneg te deel. Nadat Abraham ingelig is het hy begin tussenbeide tree (gebid) vir die regverdiges in die stad. Abraham se neef Lot het in Sodom gewoon. Die Bybel vertel ons dat Lot 'n regverdige man was (dit is, God het hom gered en hom regverdig gemaak deur Christus—sien 2 Petrus 2:7-8).

God kon nie die regverdiges saam met die goddelose vernietig nie. Daarom moes die Here optree en Lot waarsku aangaande die komende oordeel:

Genesis 19:12-13 Daarop sê die manne vir Lot: Wie het jy hier nog? ‘n Skoonseun en jou seuns en jou dogters…bring hulle uit die plek uit; want ons gaan hierdie plek verwoes…en die HERE het ons gestuur om dit te verwoes.

Lot en 'n paar van sy familielede het die vernietiging van Sodom en Gomorra ontsnap slegs omdat die Here Homself hom vooruit gewaarsku het, inligting wat Lot probeer deel het met sy skoonseuns maar wat hulle nie ernstig opgeneem het nie. (Genesis 19:14). Ons moet ook in ag neem dat Jesus verklaar dat Sy koms soos die dae van Lot sal wees:

Lukas 17:28-30 Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou. Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig. Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word.

Die waarheid is dat in die dae van Lot, God Sy mense vooraf van die aaklige oordeel op Sodom gewaarsku het. Ook het die ander wie gewaarsku was niks gedoen met die inligting wat hulle vooraf gegee is nie. Die historiese feit dat God vooraf vir Abraham en Lot gewaarsku het demonstreer weereens dat die Here net so die tyd van die einde voor die Oordeelsdag sal openbaar. Daar is egter nog meer Skrifgedeeltes vir ons om in ag te neem.

'N DIEF IN DIE NAG

Baie belydende Christene dink verkeerdelik dat Jesus “soos 'n dief” sal kom en hulle sal seën en dan die loon van die ewige lewe sal gee. Maar waar kry mense die idee dat 'n dief kom om seëninge te gee? Die Bybel verklaar presies wat 'n dief voor kom om te doen:

Johannes 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes…

Jesus kom nie onverwags soos 'n dief vir Sy uitverkose mense nie (soos Noag, Abraham, Lot, ens.), maar Hy kom soos 'n dief vir al diegene in die wêreld wie nie gered is nie:

1 Tessalonisense 5:2-3 want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag. Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.

Die beskrywing van die Here van “skielike verderf” wat op hulle kom en dat “hulle sekerlik nie sal ontvlug nie”, bewys duidelik dat die “goddelose” hier beskryf word. Dit is vir hulle tot wie die Here kom om te dood en te verwoes “soos 'n dief”. Maar let mooi op na die volgende vers:

1 Tessalonisense 5:4 Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.

Duidelik sien ons dat God se mense nie onverwags betrap sal word nie. Hoe kan hulle wees aangesien die Here niks doen sonder om eers waarskuwing te gee aan Sy mense nie? God het Noag gewaarsku. God het Abraham gewaarsku. God het Lot gewaarsku. Hoe kan enige een dink dat God Sy mense sou waarsku in hierdie kliener tipes van Oordeelsdag en nie Sy patroon volg en die wêreld van omtrent 7 miljard siele waarsku wat lewe gedurende die tyd van die werklike Oorldeelsdag nie? Ons vind ook dat Jesus almal beveel het om te “waak” aangesien hulle nie geweet het watter uur Hy sou kom nie. Christus kom soos 'n dief slegs vir diegene wie nie waak nie:

Openbaring 3:3as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie.

Dit sê, Christus het die ware gelowiges beveel om aan te hou kyk (waak) in die Bybel. Sy mense moes aanhou om die Woord van God te bestudeer. Dit is omdat op die gepaste tyd Hy ons oë sou oop maak om die woorde wat verseël was te verstaan. En omdat enigeen wie waak hierdie dinge sou verstaan, sou Christus nie vir hulle “soos 'n dief in die nag” kom nie. Jesus kom “soos 'n dief” slegs vir diegene wie aandring dat ons nie die tyd van Christus se koms kan weet nie. Deur om aan te hou dat dit nie moontlik is om die tyd te weet nie, wys die kerke dat hulle in duisternes is en geen bedoeling het om te waak nie. Dit is baie ernstig vir enigeen om hardkoppig aan te hou dat ons nie die tyd van die einde kan weet nie, omdat wanneer Jesus wel op hulle kom, dit soos “'n dief” sal wees en hulle skielik verwoes word en nie die aaklige oordeel van God ontvlug nie. Hierdie is alles baie hartseer; maar die Here gee een en elkeen van ons sterk aanmoedeging deur die Bybel se voorbeeld van die Nineviete. Die mense van Ninevé het ook God se waarskuwing van 'n opkomende oordeel gehoor.

DIE GEVAL VAN DIE NINEVIETE

God het die profeet Jonah na Ninevé gestuur met die doel om 'n ongelooflike boodskap met slegs een sin te verklaar:

Jona 3:4 Jona…het gepreek en gesê: Nog veertig dae, dan word Ninevé verwoes.

Dit was slegs 'n paar woorde! Dit was die hele boodskap wat Jona beveel was deur God om aan die inwoners van Ninevé te bring. 'n Boodskap wat basies twee elemente bevat het: tyd (40 dae) en oordeel (verwoesting). Natuurlik wys hierdie historiese gebeurtenis, van Jona, gestuur deur die Here om die Nineviete te waarsku, weereens op God se patroon in die Bybel dat Hy mense eers waarsku voordat Hy sy oordeel op hulle bring. Dit is absoluut ongelooflik wat ons in die volgende verse vind:

Jona 3:5 En die manne van Ninevé het God geglo…

Kyk na hierdie van die menslike oogpunt. Die Nineviete was kinders van Assur. Jona was nie 'n kind van Assur nie. Hy het nie van nature hulle taal gepraat nie. Nie alleen was hy van 'n ander nasie nie, dit was ook 'n vyandige nasie. Skielik het hierdie vreemde man opegedaag en verklaar, “Nog veertig dae, dan word Nineve verwoes.

Kan jy dink aan enige ander reaksies wat die Nineviete kon gehad het, soos om die gek te skeer, of om dit af te lag, of totale ongeloof? In ons moderne wêreld, sou ons dink, “Slegs 'n liggelowige sot sou so 'n boodskap glo!” Ja, ons kan maklik vandag aan baie ander redes dink waarom 'n persoon nie iets so belaglik sou glo nie, maar die Nineviete het geglo. Wat kon moontlik die Nineviete oortuig het dat die aaklige nuus waar was en werklik van God was? Dit was sekerlik nie die hoeveelheid van bewyse nie. Jona het nie met 'n ensiklopedie van studies of leeringe van die Bybel gekom nie en dit voor die stoep van die stad van Nineve neergesit nie. Nee! Hy het slegs 'n enkele sin gespreek—die geringste van bywyse—en tog het hulle geglo:

Matteus 12:41 Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer…

Jy het nou gehoor van die Oordeelsdag op Saterday, 21 Mei, 2011. Miskien het jy baie Bybelse bewyse gehoor; maar tog steeds glo jy nie vir God nie. Het jy meer en meer bewsyse nodig? Die Nineviete het nie daardie voodeel van baie inligting gehad wat ons vandag het nie. Hulle het slegs een klein versie gehad om op te gaan. Vandag is ons instaat om mense baie inligting reg uit die Bybel te gee. (Vir meer inligting aangaande die Oordeelsdag op 21 Mei, 2011, alhoewel nie geaffilieer met Family Radio, beveel EBF hulle gratis boek aan, “We Are Almost There!” Skryf aan: Family Radio, Oakland, CA 94621 USA of lees aanlyn: www.familyradio.com ). Tog sal berge van inligting nooit iemand oortuig nie. Jesus het dit uitgewys toe Hy gesê het:

Johannes 8:47 Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.

Neem asseblief kennis van die dodelike erns van hoe die Nineviete God geglo het en dringend daarop gereageer het:

Jona 3:6-8 En toe die berig die koning van Ninevé bereik, het hy opgestaan van sy troon en sy mantel afgehaal en in rougewaad gehuld in die as gaan sit…en sê… maar mens en dier moet ‘n rougewaad om hê, en hulle moet ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg bekeer…

OM TYD EN OORDEEL TE VERSTAAN

Soos ons die Bybelse geskiedenis bestudeer het, het ons gesien hoe die Here herhaaldelik Sy mense ingelig het oor opkomende tye van oordeel voordat die oordeel plaasvind het. Hierdie is so konstant deur die geskiedenis van die Bybel dat dit sekerlik gesê kan word om 'n Bybelse beginsel te wees soos Amos 3:7 verklaar, “Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.

In die Bybel verdeel die Here die mensdom in twee groepe. Hy verwys na diegene wie Hy red as die “verstandiges” en na diegene wie Hy nie red nie as “onsinniges”. Hy beskryf hulle ook as “regverdiges” en die “goddelose”. Die verskil tussen die twee het niks te doen met intelligensie of menslike verstand of menslike verdienste van enige soort nie. Eenvoudig gestel, die een is wys (regverdig verklaar) as God hulle gered het en hulle die Gees van Christus gegee het. Diegene wie nie gered is nie is onsinniges of goddeloos omdat hulle nie die Gees van Christus (Wysheid) besit nie. As ons die Bybel se definisie van wysheid in gedagte hou, sal dit ons baie help om die volgende verse te verstaan:

Daniël 12:9-10 …Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe…en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.

Dit was waarlik God se bedoeling om Sy Woord (die Bybel) te verseël tot die tyd van die einde toe. Maar let dan op dat God wys hoe “geeneen van die goddelose” sal verstaan nie. Verstaan wat? Wel, Hy verwys na die verstaan van die Woord van God wat oopgemaak sal word gedurende die tyd van die einde. Geeneen van die van die wêreld wie nie gered is nie sal hierdie dinge verstaan nie, net soos die mense van die wêreld van Noag se dag nie die vloed waarskuwing in aanmerking geneem het nie en net soos Lot se skoonseuns die waarskuwing wat aan hulle gegee is om die stad te vlug afgeskryf het. Net so vandag verstaan geen een van die goddelose nie. Maar “die verstandiges sal verstaan”. Die “verstandiges” verstaan slegs as gevolg van God se groot barmhartigheid. Die Here beklemtoon hierdie waarheid weereens in die volgende wonderlike verse:

Ecclesiastes 8:5 …and a wise man's heart discerneth both time and judgment.

Proverbs 28:5 Evil men understand not judgment: but they that seek the LORD understand all things.

Laastens of ons weet, of nie, dat 21 Mei in 2011 die Oordeelsdag is, hang af of God ons oë oopgemaak het om hierdie dinge te verstaan. As Hy het sal ons verstaan dat 21 Mei, 2011, die Dag van die Here se toorn is. As Hy nie ons oë oopgemaak het nie dan sal ons nie verstaan nie. Die Bybel verklaar dat die meerderheid van die mense in die wêreld nie uitverkies is tot verlossing nie. Dit is waarom Christus vir miljarde onverwags kom. Hulle verstaan nie geestelike dinge nie. Aangesien hulle nie die Gees van God het nie, gaan hulle nie reageer op die waarskuwing nie en hulle gaan nie verstaan nie. Hulle sal sekerlik vergaan , hoe hartseer:

Esegiël 33:4-5 as dan iemand die geluid van die basuin hoor, maar hom nie laat waarsku nie, en die swaard kom en neem hom weg, dan is sy bloed op sy hoof…Maar as hy hom laat waarsku, dan red hy sy siel.

God se mense verstaan (soos die Nineviete) dat hierdie datums die waarheid is en geglo kan word slegs omdat die inligting reg vanuit die Bybel kom.  Baie mense gaan hulle kerke of pastore glo wie met vertroue sal sê dat hulle nie oor 'n datum hoef bekommerd te wees nie. Maar geeneen van hierdie dinge kan vertrou word nie. Die feit is dat die enigste vertroubare ding in die wêreld die Bybel is. Dit is waarom dat soos ons nader aan die datum van 21 Mei in 2011 kom, die groot vraag vir elke persoon is, “Vertrou jy die Bybel of vertrou jy iets anders?”

Spreuke 3:5 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.

Psalm 119:42 …want ek vertrou op u woord.

 


 

Besoek ons op die internet:

www.ebiblefellowship.com

Epos: ebiblefellowship@juno.com

Skakel EBF toll-vry by: 1-877-897-6222 (Slegs USA).

Ook, skryf aan:

EBible Fellowship, P.O. Box 1393, Sharon Hill, PA 19079 USA

Handelinge 17:30-31 God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het…

WeCanKnow.1.18.2010-AF